
Ter afsluiting van die netbalseisoen het Global Leadership Academy se spanne voor verlede week ‘n paar tuis wedstryde geniet.

Verlede week het hul teen Paul Sauer se derde en vierde spanne gespeel, verlede Woensdag het die o/14 span ‘n vriendskaplike oefenwedstryd teen Laerskool Jeffreysbaai se 0/13 span gespeel en die vorige Donderdag het die 0/14 en o/15 spanne teen Pelsrus en Humansdorp Sekondêr gespeel.

“Die 2012 seisoen was een waarin daar baie meer wedstryde gespeel is en ons sien uit na die volgende seisoen. Baie dankie aan Laerskool Jeffreysbaai vir hul goedgunstigheid en die gebruik van hul netbalbane die jaar”, het Stefan Kleyn van Global Leadership Academy gese.