Een van Suid Afrika’s se grootse musikante, Steve Hofmeyr het vir 265 mense by Potters Place in Jeffreys Baai lewendig opgetree oor die afgelope twee aande.

Armand Hofmeyr het eerste op die verhoog gekom en ‘n voorprogram gedoen om sy eerste CD, Foto’s en Briewe, aan die gehoor bekend te stel. Min mense het geweet Steve se seun toer saam met hom.

Toe kom Steve op die verhoog! Hy het die show geopen met sy nuutste treffer, FM Stereo, vanaf sy jongste album Duisend en Een. Verskeie nuwe songs is gehoor, maar die ou treffers het nogsteeds die gehoor hoendervleis gegee. Liefling, Pampoen, Blou Bul en die Neil Diamond treffer Sweet Caroline.

Later gedurende die show het Armand weer die stage betree en sy pa genooi om die treffer Pa en Seun saam met hom te sing.
Die locals van Jeffreysbaai het lanklaas so ‘n lekker kuieraand in Potter’s gehad met musiek uit die boonste rakke, die lekkerste kos en die beste wyn. Die gaste kon nie uitgepraat raak oor Steve se stunning verhoogpersoonlik nie en hy kon nie uitgepraat raak oor ons cozy en pragtige venue nie.

Na die konsert het Steve gese, “Potters is n klein maar lekker venue. Dankie vir gisteraand. Hier bly wonderlike mense in die dorp”.

View News By Category
News Archive