Jeffreys Bay marina mile
Stem vir Jeffreysbaai vir Dorp van die Jaar

Kouga inwoners word gevra om die datums 27 Mei to 1 Junie groot in rooi op hul kalenders te merk.

DÍt is wanneer Suid-Afrikaners die geleentheid sal hê om vir hul gunsteling dorp te stem in Kwêla se Dorp van die Jaar-kompetisie.

Jeffreysbaai is een van die nege finaliste in vanjaar se kompetisie, wat groot voordele vir die wendorp inhou.

Enige dorp in Suid-Afrika en Namibië kan benoem word in die kompetisie, mits dit minder as 500 000 inwoners het, nie ‘n streekswenner in die laaste twee jaar was nie en nie ‘n wendorp die afgelope vyf jaar was nie.

Volgens Joe Ferreira, voorsitter van die Kouga Besigheidsforum, sal ‘n oorwinning baie beteken vir Jeffreysbaai en die Kouga-streek.

“Die algehele wendorp kry bemarking ter waarde van R1-miljoen. Kwêla kom hou ook dan sal ‘n groot makietie in die wendorp, wat verfilm en op Kyknet uitgesaai sal word.”

“Ons is trots dat Jeffreysbaai een van die finaliste is,” sê Horatio Hendricks, Kouga se nuwe burgemeester.

“Die munisipaliteit het oor die afgelope jaar hard gewerk om die dorp op te knap. Daar is nog baie wat ons graag sou wou doen en die Dorp van die Jaar-kompetisie kan ons help om verdere verbeterings aan te bring.”

Die stemlyne sal vanaf 27 Mei tot 1 Junie oop wees.

“Dis baie maklik om te stem,” se Ferreira.

“SMS eenvoudig die dorp se naam – Jeffreysbaai – na die nommer 33157.

“Let asseblief daarop dat slegs die volle Afrikaanse naam, Jeffreysbaai, deur die stelsel getel sal word. SMS’e kos R1,50 elk. Die finale rondte laat slegs 30 SMS’e per nommer toe.”

View News By Category
News Archive