Jeffreys Bay
Rhodes-klaviertrio speel in Humansdorp

Die Rhodes-klaviertrio, bestaande uit Kwazi Mkula (links), Catherine Foxcroft (middel) en Duncan Samson (regs), sal op Dinsdag 5 Mei 2015 om 19:30 ’n uitvoering in die kerksaal van die NG Kerk (Moedergemeente) in Humansdorp lewer.

rhodes klavier

Hierdie trio staan onder die beskerming van die Rhodes-universiteit in Grahamstad se Musiekdepartement. Kwazi en Duncan is ervare orkesspelers en Catherine tree dikwels as solis op saam met Suid-Afrikaanse simfonieorkeste.

Musiek van o.a. Bach (verwerk deur Gonoud), Mozart, Schumann en Piazolla is op die program.

Toegang is R100 (volwassenes) en R60 (skoliere).

View News By Category
News Archive