Jeffreys Bay
My lewe as n uitruilstudent

Lisa Cawood (links) Alexandra Quitmann (regs)

Vir die afgelope 6 weke was Alexandra Quitmann van Duitsland my “tweelingsuster.” Ons albei het afsonderlik aansoek gedoen by ons plaaslike Rotariers om gekies te word as korttermyn uitruilstudente.

Groot was die opgewondenheid toe ons Alexandra op 11 Julie op die lughawe in Port Elizabeth ontmoet het. Alexandra se oe het gerek toe sy sien dat my ma aan die verkeerde kant van die pad bestuur, min het sy toe nog geweet wat op haar wag.

Skoolunivorm ken sy nie, maar gou moes sy gewoont raak aan ons skooldrag.

Addo Olifantpark, African Dawn Rehabilitasie Sentrum, Seaview Leeupark en Tafelberg is maar net ‘n paar van die besienswaardighede wat ons besoek het.

Van ons tradisionele geregte het Alexandra ons plaaslike kalamri ,braaivleis en malva poeding die meeste geniet.

Ons kuier saam in Suid-Afrika was kort en ek kan nie wag tot dit my beurt is om by haar te gaan kuier in Duitsland gedurende ons Desember skoolvankansie nie.

Ek wil van die geleentheid gebruik maak om die Jeffreysbaai Rotariers te bedank vir die geleentheid wat hulle my bied om ‘n nuwe kultuur, tradisies en geregte te kan ontdek, maar bowenal dat ek die geleentheid kry om my horison te verbreed.

Lisa Cawood

View News By Category
News Archive