Jak de Priester is ‘n Afrikaanse sanger, skrywer en kunstenaar.  Sy loopbaan het begin in 2003 na hy die ATKV Crescendo Kompetisie gewen het, dit het hom die geleentheid gegee om sy eerste album getiteld ‘Sally Williams Nougat’ op te neem.

 6 Jaar, 5 albums, 1 digbundel en verskeie vertonings later is Jak se loopbaan steeds besig om te groei. Jak is die skrywer en sanger van die temalied van die bekende Afrikaanse dramareeks ‘Binnelanders’ wat uitgesaai word op MNET en KYKNET.

Hy is ook al genoem die ‘Brooklyn Poet’ omdat sy lirieke bekende landmerke bevat soos die ‘Groenkloof Spar’ en die ‘Brooklyn Mall’. Jak is ook bekend vir sy lirieke van sy musiek omdat dit handel oor die alledaagse lewe, situasies en omstandighede waarmee meeste mense kan assosieer.

Kry hom vanaand by Potters Place. Hy gaan hy sy boek bekendstel saam met sy altyd gewilde songs…moet dit nie mis nie vir net R 100. Die skou begin 18h30 vir 20h00

View News By Category
News Archive