Jeffreys Bay
Hooked on JBay

Theresa Weber het groot drome vir haar besigheid. Sy wil die bekendheid daarvan met Jeffreysbaai se branderplank golwe vergelyk. Almal moet van haar winkel weet, sodat elkeen wat hier uitstal beroemdheid kan verwerf.

Sy het as kind hier kom vakansie hou saam met haar ouers, en dit was maar net liefde met die eerste oogopslag.

Sy het toe al geweet dat sy en haar kuns en liefde vir mense hier diep spore gaan trap. Sy het jare daarna haar eie winkel Navonte begin.

Hier is kuns geskep, lap en tweedehandse klere verkoop. Almal het hierdie vrou met die blone hare en die glimlag wat maklik verskyn, leer ken as iemand wat ook vir ander kunstenaars ‘n platform wil skep.

Met die verkoop van In Die Wolke, destyds die breinkind van Helena Terrebalnche van Potters, het sy en Lynette Joubert, besluit dis die kans waarop hulle gewag het. So is Hooked on JBay begin, en die geleentheid is aan talle kunstenaars gegee om hier uit te stal.

Met Lynette en haar gesin se verhuisng na kaapstad, is Theresa nou aan die roer van sake.

Sy is ewe handig met ‘n verfkwas, naald en gare, of ‘n hamer en beitel. Spreekwoordelik staan haar hande vir baie min verkeerd.

Met trots word daar vertel dat 90% van die voorraad oorspronklik en handgemaak is.

Van die kunstenaar is Gita Seyfert, wat alombekend is vir haar kerse, veral die van sojawaks. Christene Frauenstein maak yskas magnete, en min huishoudings het nie een of meer van hulle in die kombuis nie!

Lumin Steyn is ‘n pottebakster van formaat, en borde, bekers, bakke, en blompotte is maar net ‘n paar van die items wat onder haar kunstige hande gevorm word. Sy verskaf ook items aan restourante.

 

View News By Category
News Archive