Jeffreys Bay
Global Leadership Academy ATKV Aand

Global Leadership Academy (GLA) se tweede ATKV-Kultuur Avontuur wat plaasgevind het op 3 Augustus 2012, was ‘n reuse sukses. 

Die aand is geopen met die pragtige klanke van Kaleidoskoop, ‘n kontemporêre band wat vanjaar Huisgenoot Tempo toekennings gewen het.  

Daarna is die gehoor betower met die uitstekende toneelspel van die leerders van GLA.

GLA skryf vanjaar twee toneelstukke in vir die ATKV-Tienertoneelkompetisie, wat vandeesweek in Port-Elizabeth plaasvind. 

 Denzil Jacobs, ‘n graad 11-leerder by GLA, maak sy debuut as regisseur van een van die stukke. 

“Dit was skreeusnaaks!  Ek het die aand so baie geniet en Kaleidoskoop is uitstekend!  Die leerders van GLA het waarlik talent!”

View News By Category
News Archive