Jeffreys Bay
GLA netbal seison maak klaar

Ter afsluiting van die netbalseisoen het Global Leadership Academy se spanne voor verlede week ‘n paar tuis wedstryde geniet.

GLA onder 15 Netbal Span Agter van Links na Regs: Cara Jooste, YolandaSoji, Angelique Mengu, Palesa Sethosa, Jessica Kluyts, Mej Fourie (afrigter), Clarise Schoeman, Danika Oosthuizen

Verlede week het hul teen Paul Sauer se derde en vierde spanne gespeel, verlede Woensdag het die o/14 span ‘n vriendskaplike oefenwedstryd teen Laerskool Jeffreysbaai se 0/13 span gespeel en die vorige Donderdag het die 0/14 en o/15 spanne teen Pelsrus en Humansdorp Sekondêr gespeel.

GLA Senior Netbal Span: Agter van links na regs: Jesmene Leeuwskieter, Kimberley Lawrence, Karen Benadie, Mev L Scott (Afrigter)

“Die 2012 seisoen was een waarin daar baie meer wedstryde gespeel is en ons sien uit na die volgende seisoen. Baie dankie aan Laerskool Jeffreysbaai vir hul goedgunstigheid en die gebruik van hul netbalbane die jaar”, het Stefan Kleyn van Global Leadership Academy gese.

View News By Category
News Archive