Eers was daar Plenty O’Toole, Honey Ryder, Pussy Galore en nou Dolla, Dowwe Dolla – 007. 

Sy hou van haar sjokolade MoShaik gepluk, nie geskud nie.  Dolla sluit aan by die Departement van Oninteligensie (sy’t hard gesoek, want daar’s baie van hulle in die staatsdiens). 

Haar missie: om die misterieuse organisasie DOM (Diaboliese Onnosele Morone) te infiltreer waar hulle ookal skuil: in die politiek, die sportarena en die glanswereld – Dolla se 2010 gaan besig wees.  

Want Dr No het uitgevind you don’t live(r) twice, Shabir gaan duidelik Die Another Day, Mike Bolhuis het sy License to Kill by die Spar gekoop en, as Amor haar kaarte reg speel, gaan sy Moerryker wees.

Dolla se bra skiet pyle, daar is plofstof in haar panty en haar lollie is vol sianied, net in geval.   (Sy’t bietjie vergeet van die lollies, so sy’t reeds drie geeet.  Dis goed vir die opelyf.)  

Dowwe Dolla 007: die avontuur begin vanaand by Potters Place.

View News By Category
News Archive